|
|
|
|
'n Vroeë oggenddiens vir Wynberg
Die diens mag in ‘n verkeidenheid van behoeftes voldoen. Die volgende lidmate behoort daarby aan-klank te vind:
Die gemeente is genooi na ‘n bespreking oor die aard van die dienste op Sondagaand 21 Januarie 2007 om 18:00. ‘n Voorbeeld van die diens is getoets en die terugvoering was deurgaans positief onder sowel die jeug as ouer lidmate van beide die NGK en VGK Wynberg. Ons uitgangspunt is dat die Christelike lewe ‘n reis is waarop ons toenemend bewus raak van die liefde van God. Langs hierdie weg kom ons meer in kontak met dit wat in ons harte leef sodat die Here ons daar kan ontmoet. Ons raak ook meer bewus van die ander in ons lewe, ons omgewing en die natuur. Soos iemand aangrypend skryf: “Stilte is die groeipunt van liefde” (Met erkenning: Sentrum vir Christelike Spiritualiteit) Dr. Danie Nel
|
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|