NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Vrouediens

 

Tuisblad
Terug

 

Feminaar hierdie jaar anders

 

Ons jaarlikse feminaar wat in September plaasvind, beloof om hierdie jaar spesiaal en anders te wees. Anders omdat ons u uitnooi OM GASVROU TE WEES. En ook anders omdat ons graag ons manne saam met ons na die oggend nooi.

Die lente-oggend geleentheid met ligte ontbyt, vind plaas op 16 September om 9:30 en die spreker is Ds. Johan Symington ( bekende skrywer  van artikels in Rooi Rose en redakteur van die Kerkbode)

Die tema:  21ste eeu :Waarheen is ons as die kerk van Christus op pad?

bulletWat ons van ‘n gasvrou vra is die volgende:
bulletOm kaartjies te verkoop vir ‘n ronde tafel van 4 tot 6 mense of ‘n reghoekige tafel van 8 tot 10 mense en as gasvrou vir die tafel op te tree. Ons sal die kaartjies voorsien wat R30 per persoon kos.
bulletEie tafeldoek met bypassende servette en blomme te bring.
bulletEie teepot, melkbeker en suikerpot te bring (koppies, teelepels en koekvurkies is genoeg van by die kerk)
bulletVoorbidding en entoesiasme!!!

Ons bestuur sal die ontbyt organiseer, maar enige hulp is welkom. Donasies sal wonderlik wees.. 

 Jola Nel

 

Meningsopname: Dien die vrouediens nog 'n doel?

 

Die bestuur van die vroue-diens van die Wynberg gemeente  was oor die jare nog altyd gemoeid met die onderstaande take:

Reël van die feminaar

bulletReël van tee op Sondae en met begrafnisse.
bulletKontak met CMR/Badisa
bulletKontak met Straatwerk
bulletBetrokke met aktiwiteite by Huis Nuweland
bulletSpesiale projekte by die kerk, bv. verfraaiing van die saal en instandhouding van die kombuis.
bulletReël van gemeente-etes en spesiale dae, bv. Moedersdag en Vadersdag
bulletBetrokke by die basaar en wynveiling
bulletFondsinsamelings (bv. Koekverkopings) ten bate van praktiese projekte in die Weskaap, soos bepaal deur die Sinodale kantoor
bulletStuur jaarliks ‘n vrywillige bydrae aan die Vrouediens Hoofkantoor vir ‘n wye reeks van Sinodale ondersteuningsnetwerke

Die bestuur vergader een maal per kwartaal onder die voorsitterskap van Jola Nel.

Op die laaste vrouediens-vergadering is die onderstaande probleme bespreek:

bulletDaar bestaan blykbaar ‘n persepsie onder die vroue in die gemeente dat die bestuur van die vroudiens ‘n geslote  groep is wat nie baie toeganklik is nie en dus is dit moeilik om nuwe komiteelede te werf.
bulletDie belangstelling in die wer-king van die groep en bydraes het in die laaste paar jaar ge-kwyn - letterlik met duisende rande sedert 2004.

Dit is vir ons as komitee belangrik om ‘n diens aan die gemeente te lewer, maar wil dit slegs doen indien dit aan die behoeftes van die gemeente voldoen en as noodsaaklik geag word.

Ons doen dus ‘n beroep op alle lede van die gemeente om u mening in hierdie verband per epos te kommunikeer  by jnel@wynghs.co.za en aan te dui of u in die vrouediens se komitee wil dien.  Ons waardeer u moeite.

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12