|
|
|
|
Wynveiling ‘n groot sukses
Die Alphensaal in Constantia het op Vrydag 19 Mei ‘n groot gedaanteverwisseling ondergaan. ‘n Span vroue van die gemeente het die saal omgetower met keurig gedekte tafels, met dekor wat van detail en goeie smaak getuig en pragtige blomme om die gaste spesiaal te laat voel. Die tema was Afrikaans, die musikante het bekende volksliedjies gesing (baie goed!), die kelners (die jeug van die gemeente) was baie oulik en die kos was uit die boonste rakke. Die afslaer het met entoesiasme die goeie versameling wyne opge-veil en die kompetisie tussen ‘n paar tafels het vir groot pret gesorg. Die spontane kommentaar van ‘n klompie nuwe intrekkers na die geleentheid het opgeval — hulle het nog nooit voorheen so lekker en met soveel styl by ‘n gemeentefunksie gekuier nie! Daar is ook groot waardering aan Robert en Christelle Nicholas en hul reëlingskomitee betuig. Die feestelike samesyn sal lank deur baie onthou word. 'n Rekordbedrag van meer as R 50 000 ingesamel - ons loof die Heer! |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|