top of page

Vrouediens

Ons vuurwarm vrouens bedryf die vrouediens aksie.

Biduur

Dinsdae 19:00 in die kerk (sien kalender)

​

Bidure word gelei deur Pat Brits in die kerkgebou.

Bybelstudie vir Manne

Elke Woensdag om 04:45 aan huis van Robert Nicholas in Fernwood, Nuweland.

 

Ons gesels, bid vir mekaar, bespreek die Skrifgedeelte en sluit af met koffie en beskuit. Voor 07:00 verdaag ons om te gaan werk.

Bybelkring

Donderdae een maal elke twee weke (sien kalender) aanhuis by Johan en Annete Theron in Bergvliet.

 

Ons gesels, bid vir mekaar, bespreek die Skrifgedeelte en sluit af met koffie en beskuit.

Jeug bediening en Sondagskool

Die jeug is ons toekoms, en ons is getaak met hulle onderrig en leiding. Die sondagskool klas vergader in die saal gedurende die 09h30 erediens gedurende skool kwartale.

Please reload

Kleingroep vir ouers met kinders

Met kleintjies wat rondhardloop en speel, kom die kleingroep vir ouers met kinders elke Woensdagaand bymekaar. Dit wissel van huis na huis tussen die gesinne, so kontak vir Thomas of Catrien Drinkwater om deel te raak.

 

Ons deel ons daaglikse gebeure, hanteer 'n stukkie skrif, video, gedagte of reeks oor aandete saam en bly so in voeling met mekaar voor die res van die week aangaan.

Kleingroep vir jong werkendes

Elke tweede week kom die "jonger" klomp bymekaar.

 

Dit is 'n plek waar almal kan gesels oor die lewe se bekommernisse en seëninge, of dalk eerder oor hoe ons bekommernisse 'n seëning kan wees? Geen onderwerp is taboe nie, solank daar 'n glasie wyn en 'n bybelvers naby is.

​

Ons verwys graag na onsself as die "kinderkrans vir 18+" omdat ons maar almal nog kinders in ons harte is, en ook God se kinders is.

Musiek bediening

Musiekbediening in die kerk speel 'n baie belangrike rol om die stemming van die erediens te stel. Die bekende Danie Smit is on begaafde orrelis, en Marelize Roos lei die informele dienste elke vierde sondag van die maand op die klavier.

Mense met middel afhanklikheid probleme

Slegte gewoontes kruip met geleentheid in 'n mens se lewens weg sonder dat dit opgelet word, en kan partykeer baie erg uitdraai. Die bediening reik uit na mense met hierdie tipe probleme en staan by en gee om met God se liefde.

Seniors

Ons seniors is 'n belangrike gedeelte van die gemeente en word op hierdie manier betrek en op hoogte gehou van wat in die gemeente gebeur.

Please reload

bottom of page