Wie is ons?

Geskiedenis & onstaan
Geskiedenis & onstaan
Op 7 Junie 1829, in die omgewing waar Jan van Riebeeck die eerste wingerd aangeplant het, het 'n klein groepie Christene naby Kirstenbosch in die pragtige opstal van die plaas Boshof vergader. Hulle het besluit om 'n geestelike wingerd aan te lê. Hul hemelse Vader was die boer. Hy het slegs een wingerdstok gebruik. Deur die jare heen het Hy die wingerd gesnoei om meer vrugte te dra. Vandag, wanneer besoekers verby die ou historiese hekke van die plaas Boshof in Paradiseweg ry, betree hulle die skilderagtige gebied van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Wynberg. Dit strek oor die woongebiede van Wynberg, Constantia, Bishopscourt, asook gedeeltes van Nuweland, Claremont, Kenilworth, en Plumstead.
Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Wynberg het ‘n besondere ryk geskiedenis. Toe die gemeente in 1829 as die eerste dogter van die Groote Kerk binne die Kaapse skiereiland afgestig het, was sommige van die stigterslede bruin lidmate. By daaropvolgende sinodes is die gemeente voorgehou as voorbeeld waar bruin en wit in harmonie en vrede die Here saam dien. Die gemeente streef steeds daarna om almal wat by ons ’n geestelike tuiste vind, in liefde te bedien.
Deur die jare heen het die geheim van vrugbaarheid in die geestelike wingerd van Wynberg dieselfde gebly. Ons kan dit in drie woorde sê: "Bly in My." Jesus is die Ware Wingerdstok van Wynberg, en ons as sy gemeente dra vrugte omdat sy Woord en liefde in ons harte woon. Die beroemde teoloog van Switserland, Karl Barth, beskou dit as een van die suiwerste formulerings van presies dit wat God van ons verwag.
Dr. Danie T. Nel
Predikant, NG Kerk Wynberg

Predikant
Danie is predikant van Wynberg gemeente. Hy is op 12 Mei 1958 in Nelspruit is gebore en het sy kleuterjare in Witrivier naby die Nasionale Kruger Wildtuin deurgebring. Hy het in Pretoria gematrikuleer waarna hy aan die Universiteit van Pretoria die BA en BD grade behaal het en die doktorale eksamen in teologie afgelê het. Hy het in 1988 die doktorsgraad in Missiologie aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal met 'n wetenskapsfilosofiese tema. Sy promotor was Prof. David Bosch en sy mede-promotor Dr. Johan Mouton.
​
Danie het sy loopbaan begin as dosent in Missiologie by die Universiteit van Suid-Afrika. Hy het in 1987 die akademie vir die bediening verruil toe hy 'n beroep na die NG gemeente Ogies aanvaar het. Sedert 2 Februarie 1990 is hy predikant van die NG gemeente Wynberg.
​

Danie en Jola (Jolanda Rachel ter Haar) is op 19 Junie 1982 in Universiteitsoord getroud. Sy is op Rietvlei in die Transkei gebore waar haar ouers (afkomstig van Nederland) vir bykans vier dekades as mediese sendelinge werksaam was. Jola gee onderwys in Wiskunde by Wynberg Girls High School. Jola is betrokke by Wynberg se Vrouediens, die gebedsgroep, die Bybelkring en neem leiding by die junior kategese. Vier kinders is uit die huwelik gebore.
Daniel is 'n mediese dokter in Oos-Londen. Hy is getroud met Amy Wright, ’n fisioterapeut van beroep. Hy het in 2006 by Bishops gematrikuleer. Daniel en Amy beplan om eersdaags na Kaapstad te verhuis waar hy in chirurgie gaan spesialiseer. Ineke praktiseer as argitek in Kaapstad. Sy is getroud met Paul Haliday wat ’n prokureur is. Sy het in 2006 by Herschel Girls School gematrikuleer.
Elsa en Theodore is ’n tweeling. Elsa vertrek op 8 Augustus 2016 na Nederland waar sy Geneeskunde aan die Rijksuniversiteit Groningen gaan studeer. Theodore studeer Megatroniese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch.
PERSONEEL EN BEDIENINGE
OUDERLINGE
AKSIE KONTAKPERSONE
Kenneth Williams (Leier)
Erenst Muller (Onder-leier)
Adrian Van Niekerk
Robert Nicholas
Vince Markram
​
DIAKENS
Christelle Nicholas (Leier)
Loretha du Plessis (Onder-leier)
Japie Lubbe
Gwen Van Nieker
Marilize Roos
Ronnie Volkwyn
Riaan Bezuidenhoudt
Kenneth Williams
Gwen van Niekerk
Ds. Danie & Jola
Robert Nicholas
Thomas Drinkwater Catrien Drinkwater
Johan Degenaar
Rita-Marie Degenaar
Marilize Roos
Adrian van Niekerk
​
Ena Neethling
Robert Nicholas
Vakant
Gebedsversoeke
Biduur
Bybelstudie vir Manne
Kleingroep vir ouers met kinders
Kleingroep vir jong werkendes
Musiekbedienning
Mense met middel-afhanklikheidsprobleme
Vrouediens
Omgee kommissie
Sondagskool / Jeug
021 712 8756
021 393 6801
021 797 7115
082 925 4356
082 447 6736
082 874 7518
083 719 1725
082 704 4700
084 467 7700
021 393 6801
021 797 4866
082 925 4356
Vakant